News

Twee sterf in ongeluk op N11, net voor Loskop

Motoriste word gemaan om versigtig te wees op die N11 na ’n ongeluk wat die lewe geëis het van twee persone.

Noodspanne is tans besig op die N11 by die laaste bult voor Forever Resorts Loskopdam waar ’n ongeluk die lewe van twee mense geëis en ten minste drie ernstig beseer is.

Op die Traffic Alert WhatsApp groep word motoriste gewaarsku oor die ongeluk wat kort voor 07:00 plaasgevind het.

Na wat verneem word het ’n bakkie die pad verlaat en teen die skuinste afgeploeg. Van die slagoffers het in die bakkie-kappie gesit en is uitgeslinger tydens die ongeluk:

Die ongeluk het reg oorkant Arendsrus se indraai gebeur.

Noodspanne is tans op die toneel besig om pasiënte te help.

Die pad sal na alle waarskynlikheid gesluit word as die bakkie later uit die sloot gesleep word.

Die bakkie het teen die skuinste afgeploeg.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button