News

Riool wat afloop rivier toe, kry nou aandag

Die munisipaliteit het gehoor gegee aan maande se klagtes oor riool wat in die Klein Olifantsrivier inloop.

Riool wat elke keer uitstoot en in die Klein Olifantsrivier beland, word nou uitgesorteer!

Talle inwoners, stappers en besoekers aan Middelburg het die Observer gekontak rakende riool wat in die rivier inloop vanaf die Kees Taljaardstadion se kant af.

Raadslede Helda de Klerk en Johan Dyason het gemeld dat hulle dit ‘al verskeie kere’ aangemeld het.

Selfs honde het hul neuse opgetrek vir die rioolstank.

Dit blyk dat dit elke keer na baie reën ’n probleem word, want die stormwaterlyne wat nie gereeld skoongemaak nie, spoel oor en beland in die rioollyn, wat op sy beurt oorloop en dan afloop na die Klein Olifants.

• Hulle is gister in kennis gestel dat die munisipaliteit die rioollyn probeer skoonmaak het, maar dit het nie gewerk nie en het hulle ook gister begin oopgrawe om daardie spesifieke stuk rioolpyp te vervang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button