News

Staalpenne en elektriese omheining keer nie diewe nie!

Dit lyk of nie eers staalpenne ’n inbreker sal keer as hy by jou erf wil inkom nie!

Inbrekers het Sondagaand met geweld die staalpenne van ’n muur af weggeruk en ook die elektriese omheining van ’n huis in Gholfsig beskadig.

Een van die inwoners van die huis, wat verkies om anoniem te bly, vertel dat hulle groot skade gely het nadat die diewe toegang verkry het tot ’n buitegebou in die erf.

“Hulle het waarskynlik ’n koevoet gebruik om die staalpenne van die muur af op te lig, en selfs die boute is uit die muur uit losgetrek. Die elektriese heining is ook afgehaal, en op ’n ander gedeelte van die muur het hulle ’n braairooster en ’n stoelkussing gebruik om oor die muur te klim.”

Volgens die inwoner word hierdie metode om toegang tot erwe te kry, meer gereeld in Gholfsig gesien.
“Hulle teiken Gholfsig definitief en dit lyk vir my hulle slaan veral toe op Sondae, omdat hulle drie weke gelede by ’n woonstel ook ingebreek het.”

Daar is gemeld dat daar ook bakstene verwyder is uit die onderste gedeelte van ’n muur, net straataf van hulle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button