Video: Man wat vrou daagliks in rolstoel opstoot in steil straat, dankbaar vir ’n omgee-gemeenskap
Die man wat die vrou in die rolstoel opstoot in Lilian Ngoyistraat, is al ’n bekende gesig in Kanonkop.
Izak Gelderblom en Susan de Boeck is verstom met die omgeeharte van ons Middelburgers.
Izak stoot Susan byna daagliks met haar rolstoel ‘vir oefening’.
“Ek is al half skaam al. Mense gee gereeld vir ons ’n paar rand en sê ons moet ’n koeldrank of iets vir ons koop. Tot in Spar, as hulle ons daar kry, dan vat hulle die mandjie by ons, dan betaal hulle. Die Here en die dorp is goed vir ons!”
• Daar is ook ’n onderhoud met hulle gevoer en het Izak en Susan meer oor hul lewens uitgebrei. Lees meer daaroor in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer.
@middelburgobserver Man stoot vrou elke dag met rolstoel op in steil straat vir ‘oefening’, maar ook as ’n uitstappie vir haar, omdat sy moeilik loop.
