News

Video: Trok ry heining en verkeerslig in sy kanon in

’n Tiep-trok het vanoggend ’n palissadeheining en ’n verkeerslig in sy kanon in gery.

’n Vragmotor het vanoggend weggery vanaf ’n toneel waar ’n palissadeheining en ’n verkeerslig in die slag gebly het, toe hy te kort gedraai het.

Met die Observer se aankoms op die toneel, is daar gesê dat die tiep-trok omstreeks 08:00 vanaf Meyerstraat se kant af links gedraai het in Cowen Ntulistraat in.
Die trokdrywer het hom egter misgis en die bekende ‘Jay’s Corner’ palissadeheining beskadig en die verkeerslig omgery. Die trok het net aangehou ry in Cowen Ntulistraat af.

Die verkeerslig, asook ’n palissadeheining is beskadig toe die trok te kort gedraai het vanaf Meyerstraat in Cowen Ntulistraat in en oor die sypaadjie gery het,

’n Ooggetuie het klaarblyklik gesien wat gebeur en die trok agterna gesit. Hy moes egter die aftog blaas toe die trok op die N4 indraai. Daar word verneem dat die ooggetuie en ’n sekuriteitsfirma die registrasienommer neergeskryf het en die firma aan wie dit behoort, sal gekontak word om die skade te verhaal.

• Die oomblik toe die tegniese afdeling van die munisipaliteit daarvan hoor, is werknemers uitgestuur wat besig is met herstelwerk aan die verkeerslig. Die besighede in die omgewing wil graag vir Piet Riba en Alfred Xulu bedank wat steeds besig is op die toneel.

@middelburgobserver

Tiep-trok ry ’n verkeerslig en ’n heining in sy kanon in en ry net weg. Hoek van Cowen Ntuli- en Meyerstraat, Middelburg, Mpumalanga.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button