News
Video: Vragmotorbestuurder waarsku oor sand in pad op N11!
Motoriste word gewaarsku om stadig in Kranspoort te ry met sand wat op die pad lê.
By die laaste sandput in Kranspoort (N11) lê daar sand op die pad.
Middelburger Wynand Spencer het in die vroeë oggendure met sy vragmotor deur Kranspoort gery en op die Traffic Alert WhatsApp-groep motoriste gewaarsku dat daar gruis op die padoppervlakte is.
Hy het gemeld dat dit weens die reën op die pad beland het.
@middelburgobserver Motoriste gewaarsku oor sand in die pad wat afgespoel het vanaf die laaste sandput in Kranspoort (N11).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
