News

Bakkie slaan om by treinbrug

’n Bakkie het sowat ’n uur gelede by die treinbrug op die R555 gerol.

’n Motoris het vir hulp gevra nadat ’n bakkie by die treinbrug op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) omgeslaan het.

Die ongeluk het kort voor 12:00  gebeur en het ’n vrou op die Traffic Alert WhatsApp-groep gevra dat die nodige dienste ontbied word. Sy het in haar stemboodskap gesê dat die bestuurder van die bakkie ‘okey’ is.

Volgens haar stemboodskap het een voertuig ’n ander voertuig verbygesteek en in die daaropvolgende gebeure, het die bakkie gerol.

  • Daar word verneem dat die toneel reeds opgeruim is en die pad weer oop is vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button