News
Video: Wees versigtig: water begin oor pad spoel met baie reën
Motoriste wat op die N11 op pad is na Middelburg, moet versigtig wees, want dit reën erg en water is reeds besig om oor die padoppervlak te spoel.
’n Vragmotorbestuurder waarsku dat dit erg reën net buite Groblersdal op die N11 op pad na Middelburg.
Wynand Spencer het op die Traffic Alert WhatsApp-groep ’n video geplaas wat wys hoe erg dit reën van net buite Groblersdal af in Middelburg se rigting.
Op die video kan ’n mens sien hoe die water aan die kante van die pad begin opdam en plek-plek oor die pad spoel.
@middelburgobserver Waarskuwing – erge reën vanaf net buite Groblersdal op die N11 op pad na Middelburg. Water begin plek-plek oor pad spoel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
