Man loop nog rond na ongeluk, sterf minute later
Die bestuurder van ’n bakkie het vanoggend kort na ’n ongeluk op die N4 gesterf.

’n Man het na ’n ongeluk nog uit die voertuig geklim en op die toneel op die N4 rondgeloop, maar minute later inmekaar gesak en gesterf.
’n Vragmotor het vanoggend kort voor 07:00 agter in ’n bakkie vasgery, waarna die bakkie gerol het. Die trok het ook in die veld beland.

Die ongeluk het plaasgevind op die N4, reg oorkant die Middelburgdam.
Na wat verneem word, het die bestuurder van die bakkie nog uit die voertuig geklim en minute later inmekaar gesak en op die toneel gesterf. Die trokbestuurder het nie beserings opgedoen nie.

• Dit is die soveelste ongeluk in daardie area die afgelope paar jaar.
Lees ook: Another life lost on N4 near Middelburg Dam
• Daar het laat gistermiddag ook ’n Isuzu bakkie omgeslaan op die N4 tussen die Vandyksdrift en Samora Machel afrit. Die bestuurder van die bakkie het ligte beserings opgedoen.
