News
Dierbare ouma Pop oorlede
Pop Botha (85), die vrou wat haar lewe aan haar Meester gewy het, is gisteroggend rustig in haar slaap oorlede.
Haar dogter, Rachel Kies, by wie sy die afgelope tyd gebly het, sê sy het die vorige aand omstreeks 23:00 nog by haar ingeloer. Rachel se man, Willem, het kort voor middernag ook gaan kyk of alles nog reg is.
Gisteroggend om 05:20 is Rachel, soos gewoonlik, na haar moeder se kamer en het sy dadelik gesien dat sy oorlede is.

Tannie Pop was die afgelope paar maande bedlêend en is voltyds deur Rachel versorg.
Rachel onthou haar ma as iemand wat ander altyd wou help en baie diep gelowig was.
Die begrafnis is Vrydag om 14:00 by die PPK Lofdal gemeente.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
