News

Vrou in veld ‘het gif gedrink’

’n Vrou, wat in die veld gelê het, is pas per ambulans hospitaal toe geneem nadat hulp op noodgroepe gevra is.

’n Jong man het vir mense op ’n toneel in die veld gesê dat ’n vrou ’n koeldrankbotteltjie vol gif gedrink het.

Verskeie mense het reageer op ’n noodroep van ’n vrou wat gevra het vir hulp nadat sy gehoor het hoe ’n mans skree in die veld by die Dennesig dammetjies (aan Kanonkop se kant).

Die boodskap het gesê dat dit lyk of die man die vrou aanrand, maar met noodspanne se aankoms op die toneel, het hulle gesien die man probeer die vrou help.
’n Jong man, wat ook daar was, het vir die ambulanspersoneel gesê dat sy ’n koeldrankbotteltjie vol gif gedrink het.

Paramedikuste het haar op die toneel gestabiliseer en is sy per ambulans hospitaal toe gevat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button