Ernstige botsing oomblike gelede eis lewe op Bethalpad
Botsing striem verkeer op drukbesige roete
Verkeer gaan ’n tydlank ontwrig word op die Bethalpad waar ’n bakkie en ’n trok net na 11:00 trompop met mekaar gebots het.
Die bestuurder van die bakkie is opslag dood in die ongeluk en daar word tans gewag op die polisie op die toneel.
Die oorsaak van die noodlottige ongeluk is tans onbekend.
Die trok is ook erg in die botsing beskadig.

Die botsing het sowat 10km van die Middelburg Mall op die Bethalpad gebeur.
Ambulansdienste is reeds op die toneel.
Opruimings sal nog ’n geruime ruk lank duur, met geen indikasie van wanneer verkeer weer vryelik sal beweeg nie.
Motoriste word gevra om hul weg verby die toneel te maak, en nie verdere verkeeropeenhopings te veroorsaak deur stadiger te ry, of te stop nie.
