News

Huurder gaan werk vroeg, jaag inbrekers skrik op die lyf

Vroegoggend inbraak gefnuik

Dit blyk dat Vape-winkels weer deesdae deur inbrekers geteiken word, waarsku Titon Alarms, ná ’n vlaag inbrake in Vape-winkels verlede jaar gedurende dieselfde tydperk.

Daar word vermoed dat dit dieselfde bende inbrekers is as verlede jaar, na nog ’n poging tot inbraak Dinsdagmore omstreeks 05:00 by Fountain Corner teenaan die Middelburg Mall.

Titon sê dat die bende inbrekers stert tussen die bene weggejaag het, nadat ’n huurder by die sentrum vroeg kantoor toe is.

Die huurder het eers die sentrum se opsigter van die verdagte bakkie en sy insittendes in kennis gestel, waarna Titon geskakel is.

Titon reaksiemanne is dadelik uit, maar met hul aankoms was die bakkie reeds weg.

Daar is later gemerk dat die sentrum se hekmotor se slot ook afgebreek is.

Die huurder kon ’n foto steel van een van die verdagtes wat oor die heining klim na die wagtende bakkie.

Met nadere ondersoek is daar gevind dat daar gelukkig nie by enige winkels ingebreek is nie.

Titon vermoed egter dat dit dieselfde mans is wat in April verlede jaar ook by die winkel ingebreek het.

Die mans het in ’n wit Toyota dubbelkajuitbakkie daar opgedaag.

Die bakkie, met vier insittendes, het egter nie nommerplate op gehad nie.

Die bestuurder van die bakkie het ook ’n balaklawa oor sy kop getrek gehad.

Al die verdagtes was in oorpakke geklee.

Titon het beskrywings van die voertuig en sy insittendes daarna deurgegee aan ander sekuriteitsmaatskappye in die dorp.

Daar was verlede jaar ook naas die Fountain Corner Vape-winkel by verskeie ander in die dorp ingebreek.

Die gesteelde buit word dan herverkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button