News

Beendere by hospitaal – Familie opsoek na inligting oor Willem

Na menslike oorskot naby die nuwe provinsiale hospitaal gevind is, het talle families al uitgereik na die Middelburg Observer om te bevestig of die oorskot nie dalk dié van ’n vermiste geliefde is nie.

Een so familie is die Phyffers wat opsoek is na Willem Crous van Koornfontein by Komati kragsentrale, wat sedert verlede jaar Oktober vermis word.

Willem se suster, Amanda Phyffer, vertel dat Willem onder baie verdagte omstandighede saam met twee mans ’n rygeleentheid na Middelburg geneem het.

Willem is tussen 55 en 56, en het by ’n bejaarde vrou ’n woonstel gehuur. Hy het voertuie reg gemaak om ’n inkomste te verdien.

Op die dag van sy verdwyning, het Willem laat weet dat hy Middelburg toe moes gaan om ’n aansluiter te gaan oplaai. Hy het met twee mans by ’n kar ingeklim en is nooit weer van gesien, of van gehoor nie.

“Die werktuigkundige wat saam met Willem gewerk het, het laat weet dat hy nooit die aansluiter opgelaai het nie. Hy het ook vir my gesê dat iets nie reg lyk met sy verdwyning nie,” het Amanda gesê.

Volgens Amanda het hy haar die dag voor sy verdwyning ook gebel om geld te leen, omdat hy ‘in die moeilikheid was’.

Sy landheer het die dag daarna ’n vermiste persone klag by die Koornfontein Polisiestasie gaan aanmeld, maar die familie weet egter steeds nie wat van hom geword het nie.

“Willem het ’n paar jaar gelede ’n hartaanval gehad, en was op kroniese hart en asma medikasies. Sy woonstel is net so agter gelaat, en hy het nie klere of sy medikasie gepak om saam met hom te neem nie. Ons glo nie hy het self die pad gevat nie, anders sou hy sy medikasies saamgevat het. Hy was nie ’n mens wat nie ons ma op Kersdag sou bel nie, en hy het haar nie op Kersdag gebel nie,” sê Amanda.

Indien enige iemand inligting het oor Willem se verdwyning, word hulle gevra om Amanda te kontak by 071 866 4899.

• Die oorskot wat naby die hospitaal gevind is is so erg ontbind dat net beendere oorgebly het. Identifikasie kan net deur DNS toetse bepaal word. Indien iemand glo dat die oorskot aan ’n geliefde behoort, moet hulle by die Middelburg Polisiestasie gaan navrae doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button