News

Video: Tweede keer dat flaminke by dam kom kuier!

'n Enkele flamink wat by die Middelburgdam kom kuier het, was groot nuus, maar dit was nie die eerste keer wat flaminke daar gesien is nie!

Besoekers aan die Middelburgdam was stomgeslaan oor een flamink wat oor die naweek vir ‘n rukkie in die water gesien is.

Gereelde kampers het gemeld dat dit die eerste keer is dat hulle van ‘n flamink by die dam hoor.

Andries Smith het die plasing op ons webtuiste raakgelees en laat weet dat hy op 23 Desember verlede jaar ‘n hele swerm flaminke aan die oorkant van die die dam gekry het (waar ‘n plaashuis sigbaar is).

Andries Smith het laat verlede jaar ‘n hele swerm flaminke by die dam gekry.

Die damvlak was redelik laag en het die flaminke ‘n hele ruk in die modder saamgedrom. Hy het ‘n video gestuur waar hulle in die modder staan en ook foto’s toe hulle later weggevlieg het.

  • Clive Dewes, was die eerste wat vir die Observer ‘n foto gestuur het van die flamink wat oor die naweek by die dam opgemerk is. Hy sê hy gaan al jare dam toe en dit is die eerste keer dat hy ‘n flamink daar sien.

Lees ook: Flamink in ons dam!

Bernice Powell het ook die flamink die naweek afgeneem. Sy meld dat hulle hom naby die damwal gesien het.

Die foto wat Bernice Powell die naweek van die flamink geneem het naby die Middelburgdamwal.

 

Damopsigter David Nonyana was aangenaam verras toe die joernalis vir hom vertel van die flaminke. “Ek is al ses jaar opsigter by die dam en het hulle nog nooit hier gesien nie!” Hy het gemeld dat hy nou ‘n punt daarvan sal maak om uit te kyk vir hulle.

 

@middelburgobserver

‘n Flamink by die Middelburgdam het kampers aan die praat, want hulle sê hulle het nog nooit voorheen flaminke daar gesien nie! Hierdie video is egter in Desember 2024 deur Andries Smith vanaf sy boot geneem toe ‘n swerm flaminke aan die oorkant van die dam opgemerk is.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button