Chris Beukes is al ‘n week lank soek.
Hy het verlede Sondag reeds verdwyn.
Sy familie het al Chris se vriende gekontak maar niemand weet waar hy is nie.
Hy is verlede Sondag weg by sy huis in Mineralia.
Hy is te voet weg.
Die familie het ook reeds die hospitale gekontak, en het hom as vermis by die polisie aangegee.
Indien enige iemand weet waar Chris is, kan hulle sy ma Hester by 074 016 1213 skakel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
