News

Baba ook slagoffer van gisteraand se Mafube kop-aan-kop

’n Ongeluk gisteraand het ’n tweede slagoffer geëis.

’n Baba is ook opslag dood in gisteraand se kop-aan-kop botsing op die ou Belfastpad, waar die bestuurder van die rooi Polo waarin die baba was, ook gesterf het.

Die ongeluk het tussen 17:00 en 18:00 naby Mafube-myn gebeur.

Terselfdertyd was daar ook ’n ernstige botsing op die N11 na Hendrina.
In dié botsing is drie karre in mekaar in, en is talle mense ernstig beseer.

Die toneel was bemoeilik weens gietende reën.
Verskeie ambulanse moes na die toneel ontbied word om beseerdes na hospitale te vervoer.

Dis tans nog onduidelik wat die botsing veroorsaak het.

Hulpverleners op die toneel het gesê dat die padoppervlak baie glibberig was weens die reën.

Die oorledenes in die Mafube ongeluk is nog nie uitgeken nie.

• Die ouderdom van die baba wat op die toneel dood verklaar is kon ook nie bevestig word nie.
Die passasier in die Polo is ook ernstig beseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button