News

Man 20 jaar tronk toe na hy sekswerker vermoor, in gat gooi

’n Man wat ’n sekswerker verlede jaar vermoor het, is gevonnis.

Die man wat ’n sekswerker in Oktober op ’n plaas buite Belfast vermoor en daarna haar lyk in ’n gat gegooi het, is pas 20 jaar tronk toe gestuur.

Jacques Jacobus Alwyn Botha (33) is gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof, wat op Breyton gesit het.

Botha se skuldigbevinding volg op die gebeure van 18 Oktober 2024 waartydens hy ’n sekswerker, Zodwa Angelina Sibiya (39), van Emthonjeni – Waterval Boven) vermoor het.

Hy het twee dae na die moord homself gaan oorgee aan die Belfast polisie, waarna hy ’n bekentenis gemaak en uitwysings gedoen het.

Botha het erken dat hy die betrokke aand om 19:30 vir Zodwa in ’n straat in Belfast opgelaai het en haar gevat het na sy blyplek op die plaas Vogelspruitpoort buite Belfast.

Daar is vertel hoe hulle begin drink het en dat sy weens haar dronk toestand begin raas het in sy huis.
Dit het hom geïrriteer en het hy haar verskeie kere probeer stilmaak.

Sy het egter aangehou raas, waarna hy haar meer as eenkeer met sy hande gewurg het en haar onderklere in haar mond gedruk het, totdat sy haar bewussyn verloor het. Hy het haar ook met ’n mes in die rug gesteek.

Na die moord het hy haar in ’n mat toegerol en haar in ’n gat op ’n plaas gegooi en klippe gepak oor die area.

• Botha is 18 jaar tronkstraf opgelê vir die moord en sewe jaar vir regsverydeling en is gelas dat die twee vonnisse saam uitgedien word, effektief 20 jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button