News

16 Amerikaners en toergids beseer

Die Amerikaners wat beseer is in die toerbusongeluk vroeër vanmiddag, is almal tans by die Belfast Hospitaal.

Ons het pas verneem dat 16 Amerikaners en die toergids beseer is in die ongeluk sowat 10km buite Mashishing, op die Dullstroompad.

Daar was totaal 20 mense in die bus, wat 18 Amerikaners, die toergids en die busdrywer ingesluit het.

Lees ook: Toerbus vol Amerikaners rol

Die 17 beseerders is met ambulansdienste van onder andere ER24 en die Provinsiale Ambulansdienste na die Belfast Hospitaal afgevoer.

Ten minste vier is ernstig beseer en die res kry hulp vir minder ernstige beserings. Reëlings word tans getref om van die ernstig beseerde pasiënte na hospitale in Nelspruit oor te plaas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button