News

‘Polisieman’ probeer man afpers

’n Kamtige ‘polisieman’ wat mans probeer afpers deur kwansuis dossiere te laat ‘verdwyn’ het weer ’n bloutjie geloop.

Ons dorp se mans laat hulle nie so gou die skrik op die lyf jaag nie en het die jongste ‘slagoffer’ die ‘polisieman’ in sy peetjie gestuur en hom op sy foon geblok.

Daar is al talle kere geskryf oor ’n man wat hom voordoen as ’n polisieman. In bykans ál die gevalle sê hy dat daar ’n verkragtingsaak teen die betrokke man ondersoek word.

Nadat hy die ‘beskuldigde’ se senuwees heeltemal op hol het met wat alles met hom gaan gebeur by die polisiestasie en hof, het hy skielik ’n ‘oplossing’ vir die probleem.

Hy stel voor dat die persoon ’n bedrag betaal wat die dossier ‘kan laat verdwyn.’

’n Handjievol mans in ons gemeenskap het geval vir sy dreigemente, want hulle weet dat ’n verkragtingsaak, onskuldig of te nie, hul reputasies kan skaad.
Dit is beslis nie kleingeld wat die afperser vra nie en is daar selfs al voorheen ’n bedrag van tot R15 000 opgedok om ‘net die saak uit die weg te ruim.’

“Hy het gedreig om my te kom arresteer en toe te sluit, maar dat ons kan gesels oor ’n prys. Ek het hom ergerlik en met groot aggressie reguit vertel wat hy kan doen.” Hy het die afdreiger geblok toe hy hom aanhou skakel.

Hy wil graag ander mans waarsku om lugtig te wees as ’n polisieman skielik skakel en te vertel het dat daar ’n seksuele misdryfsaak ondersoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button