Video: Paaie in en om Middelburg verander in riviere!
Die paaie in en om Middelburg is besig om in riviere te verander met al die reën.
Daar word oral op noodgroepe gewaarsku dat mense stadiger moet ry met damme water wat oor die paaie spoel.
Vragmotorbestuurder Wynand Spencer het deur Mhluzi gery en genoem dat by die laagwaterbruggie in Proteastraat veral baie water opdam.
Hy het gemeld dat daar in Proteastraat in Kanonkop ook reeds ‘n voertuig gaan staan met die massas water op die padoppervlakte.
Wynand het opgemerk dat hy in die gietende reën voertuie gekry het wat nie hul hoofligte aangesit het nie. Hy wil motoriste graag daaraan herinner dat hulle in die stortreën moet seker maak hulle het hul hoofligte aan.
@middelburgobserver Wees versigtig! Dit sous in en om Middelburg (Mpumalanga) en paaie is besig om in riviere te verander! Motoriste wat op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) ry, het laat weet dat die water plek-plek erg oor die padoppervlak spoel.
