News

Video: Boere verklaar oorlog teen kommando-wurms

’n Kommando-wurm uitbraak wat vanaf Mpumalanga tot so ver as Kokstad versprei is, is die tweede grootste plaag in dertig jaar.

Boere is deur die Banke Boere Unie gemaan om hulle lande dop te hou vir dié inheemse wurm wat in sy hordes onlangs in die Bronkhorstspruit omgewing opgemerk is.

Daar is bevestiging van plaaslike boer, Goodie Erichsen ontvang, dat die kommando-wurms hulle ook in die Middelburg omgewing tuisgemaak het, nadat kolonies van die wurms deur boere op die Stoffbergpad, Rondebosch, asook op die Loskopdampad gerapporteer is.

Volgens dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon Gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf, word die infestasie as ’n ‘reuse uitbraak’ beskryf.

“Die uitbraak strek vanaf die Pretoria omgewing, Lydenburg (Mashishing) en Carolina tot in die suidste punt van Mpumalanga, Natal, en gaan ver as Kokstad. Dit is seker die tweede grootste uitbraak wat ek in 30 jaar gesien het,” het dr. Verdoorn aan die Middelburg Observer gesê.

Dr. Verdoorn sê die kommando-wurm hou die grootste gevaar in vir grasspesies en aangeplante vee-weiding.
“Die wurm sal nie sommer gewasse aanval nie,” het hy getroos.

Hy verduidelik dat sipermetrien (nie om te verwar met Super-Mathrin nie) die beste bestrydingsmiddel is vir die kommando-wurm.

“Mens kry ’n spesifieke sipermetrien wat vir kommando-wurms gebruik word, en boere kan net die etiket nagaan om seker te maak dat jy die regte een aankoop. 200ml sipermetrien per hektaar kan gespuit word om van die wurms ontslae te raak.”

Hy het boere egter gewaarsku teen ander ‘harde’ chemiese stowwe.

“Die sipermetrien is meer omgewingsvriendelik, en is skadeloos vir voëls, ander diere en waterbronne. Indien jy ’n kolonie wurms op die grondpad sien beweeg, kan jy vooruit met ’n ploeg, ’n voor grou waarin die wurms sal beland, dan is dit makliker om hulle te spuit en weer toe te gooi,” het hy afgesluit.

@middelburgobserver

The infestation of the African Army Worm has been described as the second largest outbreak in 30 years, with farmers declaring war on the threat it holds to live stock fodder and grazing. The following footage was reportedly recorded in the Bronkhorstspruit area.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button