News
Vier mense beseer in N4-ongeluk
Vier mense het beserings opgedoen in ’n ongeluk vanoggend omstreeks 09:00 op die N4.
Een persoon het ernstige beserings opgedoen en drie ander ligter beserings in ’n ongeluk tussen die Hendrina- en Samora Machel afritte op die N4.
Na wat verneem word het ’n VW Polo se wiel gebars, waarop die bestuurder beheer verloor en die Polo gerol het.
• Drie van die pasiënte is per ambulans hospitaal toe geneem. De bestuurder van die voertuig wou egter nie hospitaal toe gaan nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
