News
Skote, koeëlgate in muur, maak inwoners onrustig
Inwoners van Mineralia slaap onrusting met skote wat twee keer gister geklap het.
Koeëlgate in ’n muur is ’n bewys van die skote wat gisteraand in Mineralia geklap het.
Me. Annemarie du Plessis sê hulle is omstreeks 21:45 gisteraand gewek met die klap van skote naby hul huis. Met nadere ondersoek het hulle koeëlgate in hul betonmuur gekry.
Hulle bly in Jeppestraat op ’n pypsteelerf. “Dit lyk of die persoon in ons erf, naby die muur moes gewees het en die skote daar afgetrek het. Dit is ’n groot kaliber wapen wat so ’n gat in die muur gemaak het.” Wat haar omkrap is dat haar bejaarde moeder en seun ook op die perseel is.
Die een koeëlgat is sowat 20 treë vanaf die huisdeur af.
- Gistermiddag het daar ook vier skote geklap in die parkie op die hoek van Kogel- en Jeppestraat.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
