News

Wieldiewe slaan weer in Kanonkop toe

Die instelling van beurtkrag het misdadigers weer uit hul gate laat kruip en die bende wat hulle op wiele toespits was hierdie week in Kanonkop bedrywig.

Volgens Devan Palmer en Verné Conradie is al vier wiele van hul werksvoertuig Maandagnag gestroop.

Die paartjie woon in Broodboomstraat, en die werksbakkie staan reg langs ’n slaapkamervenster.

Die diewe het toegang tot die erf gekry deur die hek van sy spoor af te lig. Daarna het hulle plaveiselstene uitgehaal en die werksbakkie daarop laat staan.

Devan en Verne het om 03:00 wakker geword, maar nie hulle of die verhuurder het iets gehoor nie.

Volgens ’n kwotasie sal dit R50 000 kos om die vier wiele te vervang.

“Ons vermoed dat minstens vier verdagtes betrokke was. Hulle het die plaveiselstene tussen die twee voertuie verwyder en hul vingermerke is in strepe op die ander voertuig agtergelaat.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button