Daar sal volgende week Vrydag in Mbombela afskeid geneem word van die voormalige Mhluzi polisie bevelvoerder, kolonel Janet Starbuck, wat gister oorlede is na ’n stryd met melanoom-kanker.
Starbuck was lank by die provinsiale polisiekantore op Middelburg gestasioneer voordat sy in 2009 tydelik Blinkpan polisiestasie te verplaas is.
Met haar vertrek uit Blinkpan is sy Mhluzi toe verplaas waar sy vir ongeveer twee jaar die leisels as stasiebevelvoerder aangestel is.
Haar man Cedric, wat self ’n kolonel in die polisie was, is ook ’n tydlank Mhluzi toe geskuif.
Starbuck het hierna ’n pos by die provinsiale kantore in Mbombela in die vuurwapen afdeling aanvaar, waar sy tot en met haar mediese ongeskiktheid in 2020 gewerk het.
Cedric het self die polisie in 2021 vaarwel geroep.
Die paartjie het tussen 2013 en 2014 hul trek na die Laeveld gemaak.
Medelye stroom steeds in na die hartseer nuus van Starbuck se afsterwe.
Sy laat haar man Cedric, dogters Zané en Simoné, skoonseuns Manus en Tiaan, sowel as haar vier kleindogters na.
Begrafnisreëlings is tentatief vasgestel vir Vrydag, 7 Maart by die NG Suidkerk in Emkestraat, Mbombela.
