News

Voetganger doodgery, vyfjarige passasier beseer

'n Voetganger is vroeër vandag op die N4 doodgery.

‘n Voetganger is doodgery en ‘n vyfjarige kind het beserings opgedoen tydens die impak waartydens die voetganger getref is.

Die voetganger het op die toneel gesterf en die kind is per ambulans hospitaal toe geneem.

Na wat verneem word het die ongeluk omstreeks 12:15 op die N4 tussen die Samora Machel- en Vandyksdrif- afritte gebeur.

Met die slag wat die voetganger getref is, het die Landrover se lugsakke uitgekom en het die kind in die voertuig ‘n gesigbesering opgedoen. Die bestuurder van die voertuig, die vyfjarige kind se pa, het aan erge skok gely en is deur sy pa op die toneel ondersteun.

Talle mense het van oorkant die pad oor die besige snelweg aangehardloop gekom en lank op die toneel bly staan. Twee persone het vir die joernalis gesê dat die oorledene by die Uitkyk informele nedersetting gebly het. Hulle het nie sy naam verskaf nie.

Daar het lank omstanders op die toneel bly staan terwyl die brandweer, Trac en ander noodspanne hul werk gedoen het.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button