News

Motorfietsryers gewaarsku oor area waar kabel jong ryer se lewe eis

'n Kabel wat gespan is oor die pad, het vanoggend die lewe geëis van 'n man wat besig was om met sy motorfiets aflewerings te doen.

Motorfietsryers is vanoggend gewaarsku om ‘n spesifieke area in die Oosrand te vermy, nadat ‘n jong afleweraar gesterf het.

Die stemboodskap is omstreeks 12:00 geplaas op die plaaslike Traffic Alert WhatsApp-groep.

Daar is gesê dat ‘n kabel oor die pad gespan is en die man vermink het toe hy met sy motorfiets daar gery het. Hy is op die toneel dood.

Die boodskap vra motorfietsryers om alternatiewe roetes te gebruik, dag of nag, as hulle in daardie area is.

Dit is by Main Reef-straat, in Springs, nie ver van die Modderbee Korrektiewe Dienste nie.

Die presiese ligging (per Google Maps) waar die kabel gespan en die man gesterf het, is HIER.

  • Motoriste wat wil deel word van die Traffic Alert WhatsApp-groep, kan ‘n WhatsApp stuur vir Louwtjie Swart (ook die plaaslike Ongeluk Koördineerder) by 078 400 9517.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button