Video: Elektriese ‘ontploffings’ al lig in donker straat
'n Groot gedeelte van Belfast se krag is vandag vir 'n ruk afgesit om te werk aan kabels na elektriese kortsluitings laasnag.
Al lig wat die inwoners van Burger- en Bhekumuzi Masangostraat in Belfast gisteraand gehad het, was elektriese ‘ontploffings’ vanaf ‘n kortsluiting op ‘n kabel.
‘n Boodskap is na die Observer se bystandnommer gestuur, waarin gesê is dat dit ‘kort-kort gebeur.’ Verder is gemeld dat die nabye kragboks gewoonlik ook aan die brand raak. Die kragboks is sowat twee meter vanaf ‘n huis.

Van die inwoners was sedert 21:00 gisteraand tot vandag sonder krag, weens die kortsluiting.
DA Raadslid, Danie Janse van Rensburg, het per WhatsApp stemboodskap die gemeenskap laat weet dat daar ‘n kragonderbreking in ‘n groot gedeelte van die dorp gaan wees weens herstelwerk aan die breker en kabel. Teen 14:40 het talle dankbaar laat weet dat hulle weer krag het.
@middelburgobserver Elektriese kortsluiting veroorsaak ‘ontploffings’ gedurende nag in Belfast (Mpumalanga).
