Nommerplaat opgetel en eie kar se nommerplaat ook verloor in vloedwaters
’n Vrou het iemand anders se nommerplaat opgetel tydens die storm gister, maar eers later agtergekom dat haar eie voertuig se nommerplaat ook verloor het.
’n Barmhartige samaritaan wat iemand anders se nommerplaat wil terugbesorg, vra of haar eie voertuig se nommerplaat nie dalk iewers opgetel is nie.
Me. Zalmera du Pisanie sê hulle het gister na die erge reën, wat letterlik vloede in Middelburg se strate veroorsaak het, iemand se nommerplaat opgetel op die hoek van Hoog- en Erembeestraat.
Eers later gistermiddag het sy agtergekom dat hul kar se nommerplaat ook iewers verloor het, terwyl hulle stadig deur die water in die strate gery het.
Die nommerplaat wat opgetel is, is KPJ 952 MP. Me. Du Pisanie se nommerplaat is LCS 009 MP.

Sy noem dat sy onder andere gery het in Cowen Ntuli-, Hoog en Randstraat. As iemand dalk die nommerplaat opgetel het, skakel me. Du Pisanie by 083 236 9247. Die eienaar van die nommerplaat wat sy opgetel het, kan haar op bogenoemde nommer ook skakel.
