News
Waarskuwing: Erge mis op Stoffbergpad
Motoriste word gewaarsku om versigtig te ry weens erge mis van net buite Middelburg af op die Stoffbergpad.
Motoriste wat tans op die Stoffbergpad ry, waarsku ander padgebruikers om versigtig te wees.
Daar is op die Traffic Alert WhatsApp-groep gesê dat die sig weens erge mis só sleg is dat hulle nie vinniger as 40km/p/h kan ry nie.
Boonop is daar talle slaggate op dié pad, wat dit nog meer gevaarlik maak.
- Daar word gevra dat motoriste hul hoofligte moet aansit en by volgafstande moet bly.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
