Ma en dogter sterf in ongeluk naby Machadodorp
Twee vroue is dood na ’n botsing tussen Belfast en Machadodorp gistermiddag.
’n Trompop botsing gistermiddag by Dalmanutha het die lewens van ’n ma en haar dogter geëis.
Die botsing het ongeveer 16:30 plaasgevind.
Beide die ma en dogter was bekende inwoners van Machadodorp. Die oorledenes het ook beide vir die Emakhazeni Munisipaliteit gewerk en daagliks heen en weer gependel.
Dit is steeds onduidelik wat die oorsaak van die botsing was, maar daar word verneem dat die ongeluk in gietende reën plaasgevind het.
Die ma is op die toneel dood verklaar en die dogter is kort daarna in die hospitaal oorlede. Hulle is nog nie formeel geïdentifiseer deur naasbestaandes nie.
Die bestuurder van die ander voertuig het nie ernstige beserings opgedoen nie.
