News

Trokdrywer ernstig beseer in ongeluk in Kranspoort

’n Trokdrywer is gistermiddag ernstig beseer in ’n ongeluk in die laaste draai van Kranspoort.

’n Trok het gister kort voor 13:00 in die laaste draai van Kranspoort (N11) omgeslaan

Na wat verneem word het die trokdrywer ernstige beserings opgedoen en is per ambulans hospitaal toe geneem.

Die poort was vir sowat ’n uur gesluit om die trok te verwyder, waarna die op-bane oopgemaak is vir verkeer.

Die trok het in die laaste draai van Kranspoort omgeslaan.

Die twee bane af in die poort was gesluit tot sowat 18:30 terwyl skoonmaakspanne die steenkool en diesel verwyder het.

Die poort was vir sowat ’n uur gesluit sodat die trok uitgesleep kon word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button