News

Middelburg Rugbyklub begin seisoen teen Loskop

Die Middelburg Rugbyklub is gereed vir die seisoen wat voorlê!

Middelburg Rugbyklub speel vanmiddag hul eerste wedstryd vir die seisoen in ‘n vriendskaplike wegwedstryd teen Loskop Rugbyklub.

Hierdie wedstryd word gespeel vir die Gerry Gendall Trofee, ter nagedagtenis aan Gerry Gendall wat op 22 Junie 2024 oorlede is. Gerry was by beide klubs betrokke.

Die tweede spanne sal om 15:30 afskop by die Chris Wiid Stadion in Groblersdal en die eerste spanne om 17:00.
Die toegangsfooi is R20 per persoon met ’n kurkfooi van R100.
’n Kontantkroeg en snoepwinkel is beskikbaar.

• Die liga begin op 5 April, maar die Swartes speel hul eerste ligawedstryd eers op 12 April teen Sasol tuis.

• Die Middelburg Observer het hierdie week ’n onderhoud gevoer met Armand Els wat gekies is as eerstespan kaptein. Lees meer daaroor in die koerant se Vrydag uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button