Mnr. Malem van Heerden, wat tans nog by Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn is, sal eersdaags die leisels as hoof by HTS Middelburg neem.
Hy is egter nie onbekend by die Rooies nie. ’n Paar jaar gelede was hy Departementshoof by die Tegniese Afdeling by die Skool.
• Mnr. Johan Kruger, wat waarnemende hoof was na mnr. Hoppie van Jaarsveld se skielike afsterwe in November 2024, sê dit is sy voorreg “om die stokkie oor te gee aan hom.”
Mnr. Kruger het nie aansoek gedoen vir die pos nie, “want dit sou selfsugtig wees om aansoek te doen en om net twee jaar later met pensioen te gaan.” Hy sien uit daarna om saam met mnr. Van Heerden te werk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
