News
Boer sterf nadat hy gister vir ure onder trekker vasgepen was
’n Boer is vanmiddag oorlede nadat hy gister in ’n trekkerongeluk ernstig beseer is.
’n Boer van Belfast is pas in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal oorlede, nadat hy gister vir ure onder ’n trekker vasgepen was.
Gerrie Gerrits het pas bevestig dat sy broerskind, Kowie Gerrits (53) gesterf het.
Kowie, wat sy lewe lank op die familieplaas Soekop geboer het, was Maandag (gister) omstreeks 10:00 besig om teen ’n wal gras te sny, toe die grond meegegee en die trekker omgeslaan het.
Volgens Gerrie is hy omstreeks 18:00 gekry en hospitaal toe gehaas waar hy vanmiddag aan sy beserings beswyk het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
