News

Johan was ’n voorbeeld vir almal

’n Bekende inwoner van Middelburg het verlede Donderdag die stryd teen ’n rare kanker verloor.

 

Johan Otten (64) sal onthou word vir die mooi voorbeeld wat hy vir almal gestel het.

Johan is Donderdag in die Life Kosmos Hospitaal oorlede.

Sy seun, Johan (jnr) sê sy pa het middel verlede jaar skielik ’n pyn in sy sy gekry en is daar aanvanklik gedink dat hy dermontsteking het. Na verskeie toetse is hy op 1 Oktober 2024 met ’n rare kanker, genaamd appendiceal adenocarcinoma, ’n tipe blindedermkanker, gediagnoseer. “Dit is ’n baie aggressiewe kanker en daar is nie behandeling daarvoor in Suid-Afrika nie.”

Johan onthou dat sy pa op 31 Januarie hierdie jaar in die hospitaal opgeneem is. “Hy het die dag voor hy opgeneem is nog gewerk. Dit is soos hy was, ’n persoon wat altyd ’n voorbeeld gestel het. Hy was voor die diagnose fisies ’n gesonde man.”

Johan (snr) was vir jare ’n inwoner van Middelburg en was tot met sy afsterwe ’n mynbestuurder by Blue Fountain Beneficiaries (op die Bethalpad).

Dit is egter die besondere band tussen Johan en sy vrou, Susan, wat sy gesin en familie nooit sal vergeet nie. “Hulle was só geheg aan mekaar.” Die egpaar was 42 jaar getroud.

  • ’n Gedenkdiens word more (Donderdag) om 11:00 uit die APKerk (hoek van Sipres- en Flamingostraat (Kanonkop) gehou. Persone wat die diens gaan bywoon, word gevra om Soleil te skakel by 082 347 9476.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button