News

Inwoners kan aanlyn inskakel vir Johan Otten roudiens om 11:00

’n Laaste eerbetoon aan ’n merkwaardige man

Die roudiens vir Johan Otten wat verlede Donderdag aan ’n rare kanker oorlede is, vind vanoggend om 11:00 plaas.

Sy seun, Johan (jnr) sê sy pa het middel verlede jaar skielik ’n pyn in sy sy gekry en is daar aanvanklik gedink dat hy dermontsteking het.

Na verskeie toetse is hy op 1 Oktober 2024 met ’n rare kanker, genaamd appendiceal adenocarcinoma, ’n tipe blindedermkanker, gediagnoseer.

“Dit is ’n baie aggressiewe kanker en daar is nie behandeling daarvoor in Suid-Afrika nie.”

Johan is Donderdag in die Life Kosmos Hospitaal oorlede.

Die gedenkdiens word vandag om 11:00 uit die APKerk (hoek van Sipres- en Flamingostraat in Kanonkop) gehou.

Inwoners wat dit graag wil bywoon maar nie daar kan wees nie, kan die diens lewendig op Youtube volg.

Die lewendige uitsending sal om 11:00 aanlyn gaan.

Kliek op die volgende skakel om die diens te volg: https://www.youtube.com/live/ZyphxgcijAA

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button