KYK: Huurders verloor alles in woonstelle wat brand by The Palms
Lewens in puin na skielike brand drie woonstelle verswelg

Die vewoestende brand by The Palms in Vosstraat is tans onder beheer.
Huurders moes hopeloos staan en toekyk hoe hul lewens in vlamme opgaan.

Daar is lank deur die brandweer op die toneel gespook om water uit brandkrane op die perseel te tap.
Volgens omstanders het die brandweertenk wat opgedaag het uit water gehardloop.

Ander inwoners het dadelik werk daarvan gemaak om die woonstelle se brandslang aan die beskikbare brandkraan op die perseel gekoppel te kry.
Twee woonstelle is by The Palms in die brand verwoes.

Die woonstelblok is deel van die ou Erembee woonstelle.
Dis tans nog onduidelik hoe die brand uitgebreek het.
@middelburgobserver Three flats destroyed by fire at Mineralia’s The Palms. Middelburg HouseFire
Dakke het tydens die brand ingetuimel.
Toe water uiteindelik oopgedraai is, is die brand vinnig onder beheer gebring.
‘n Ondersoek sal nou bepaal waar en hoe die brand ontstaan het.
