Jacobus Abraham ‘Kowie’ Gerrits is Dinsdag oorlede na ‘n trekker ongeluk op sy Belfast plaas Maandag.
‘n Troosdiens sal eerskomende Donderdag (27 Maart) vir hom gehou word by die NG Kerk in Belfast.
Die diens sal om 11:00 begin en deur ds. Jan Potgieter gelei word.
Gerrits is Dinsdag in Life Midmed oorlede nadat hy die vorige dag vir ure onder ‘n trekker vasgepen was.
Hy was besig om gras op ‘n wal te sny toe die grond onder hom meegee.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
