News

Myner kyk in kapers se geweerloop op N4 vas

Waarskuwing - Wit Polo se insittendes is gewapen

‘n Plaaslike myner, Carel Jacobs, het ‘n angswekkende paar minute gister op die N4 tussen Emalahleni en Middelburg gehad, toe hy kort voor 18:00 in die ry, teen ‘n geweerloop moes vaskyk.

Die vermoedelike kaper het met die geweer in die hand vir Jacobs beduie om af te trek.

Hy was in sy werksbakkie met sy gereedskap agterop.

Jacobs werk op ‘n myn in Delmas en was op pad terug na Middelburg toe die voorval gebeur het.

Die wit VW Polo het skielik langs hom inbeweeg op die stuk pad tussen die N12-split en die tolhek.

Die Polo het donker ruite gehad en Jacobs het dus net die bestuurder en die passasier, wat die wapen op hom gerig het, gesien.

Volgens Jacobs het die Polo agter hom aangejaag, maar afgetrek en omgedraai toe hulle die tolhek nader.

Hulle het glo oor die grasmiddelman terug gedraai en weg gejaag.

Sy vrou Veronica het die noue ontkoming op WhatsApp veiligehidsgroepe gedeel om ander motoriste te waarsku.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button