News

Video: Rooi Nissan 1400 bakkie gesteel: kyk uit vir plakkers op bakwerk

’n Rooi Nissan 14000 bakkie is gisteraand in Gholfsig gesteel.

Plakkers op ’n rooi Nissan 1400 bakkie wat in die vroeë oggendure in AG Visserstraat, Gholfsig, gesteel is, maak dit duidelik uitkenbaar.

Aan die bestuurderskant van die bakkie is ’n swart vlakvark, regs agter die bekende restaurant, Hennie’s se bulterriër en links agter die woorde: “Get the balls to pass or get off my ass”.

Die swart vlakvark op die bestuurderskant se deur.
Dié plakker is ook duidelik sigbaar.

 

Lambert van der Wath meld dat alhoewel die CCTV videomateriaal wys dat die bakkie tussen 02:45 en 02:50 gesteel is, dat dit nie baie duidelik is nie.

@middelburgobserver

This red bakkie was stolen in Gholfsig at 03:00 this morning. Here, you can see the alleged thief rummaging inside the vehicle

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Wat hulle wel kon uitmaak, is dat daar drie booswigte in die erf was. Hulle het stofmaskers en hoedjies op gehad om nie uitkenbaar te wees nie.

“Hulle het waarskynlik vanaf een van die bure se kant af oor die muur gekom, want ons het spikes bo op ons muur voor.”

Wat hulle dronkslaan, is dat die boewe blitsig die bakkie oopgekry het en daarmee weggery het. Hulle weet nie of hulle gekom het met sleutels of ander lopers nie.

Hul hek voor is van die spoor af forseer, wat brute krag moes verg, aangesien daar versterkings bo-op was sodat dat dit nie van die spoor af gelig kon word nie.

Die bakkie se registrasienommer is LFY648MP.

Die Nissan 1400 bakkie van agter gesien.

As enige persoon die bakkie opmerk, skakel Leilani van der Wath by 072 101 1122.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button