News
Ongeluk se slag ver gehoor
Die slag van ’n ongeluk is vanoggend ’n hele paar blokke ver gehoor.
’n Vrou het ligte beserings opgedoen in ’n ongeluk vanoggend in die Samora Machel en Vosstraatkruising.
Inwoners het laat weet dat hulle die slag ten minste drie blokke verder (sowat 200m daarvandaan) gehoor het.
Na wat verneem word het die Suzuki voertuig afbeweeg in Vosstraat en is in die kruising van Samora Machelstraat op die agterdeur getref.
Die bestuurder van die Suzuki is op die toneel vir ligte beserings behandel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
