News

Borge nodig vir dringende operasie

’n Hardwerkende dieselwerktuigkundige kort ’n dringende operasie sodat hy kan terugkeer werk toe.

Ronnie van Straaten (52) is ’n jarelange inwoner van Middelburg met meer as 20 jaar se ondervinding as dieselwerktuigkundige in die vervoerbedryf.

Hy sit sedert Desember sonder werk, maar weens ’n ernstige liesbreuk sal hy ook nie die medies slaag om aansoek te doen of na ander werk te soek nie.

Ronnie is die hoof broodwinner van sy gesin, maar tans probeer sy vrou, Alida Johnson, met die bak en verkoop van lekkernye nie net kos op die tafel sit nie, maar ook die nodige fondse insamel vir sy operasie.

“Ons was na die Witbank Provinsiale Hospitaal toe, maar omdat die liesbreuk nie lewensgevaarlik is nie, is die waglys net te lank. Ek kan nie werk kry sonder die operasie nie, maar kan ook nie bekostig om die operasie privaat te laat doen nie,” het Ronnie verduidelik.

Hulle wil graag die operasie privaat laat doen, maar die kwotasie beloop byna R60 000 en het Ronnie en Alida ’n BackABuddy-profiel gestig om die nodige fondse vir die operasie in te samel.

“Ek is nie ’n invalide nie, en ek is bereid om te werk. Ek soek niks verniet nie, maar vra wel vir hulp sodat ek terug op die been kan kom en weer werk kan vind.”

Indien enigiemand wil bydra tot Ronnie se fonds kan hulle die volgende skakel besoek:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/ronnies-hernia-operation

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button