News
Video: Besoekers aan Middelburg Mall skrik toe stuk plafon val
Besoekers aan die Middelburg Mall het hulle vanoggend boeglam geskrik toe ’n stuk plafon meegegee het nadat ’n waterpyp gebars het.
’n Waterpyp wat gebars het, was die oorsaak dat ’n stuk van ’n plafon geval het in een van die gange by die Middelburg Mall.
Me. Tania Manjate, bemarkingsbestuurder, het bevestig dat ’n waterpyp gebars het. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Johan Janse van Rensburg het die slag gehoor en gedog die dak het inmekaar getuimel. Hy het ’n video en foto’sgeneem kort nadat die stuk plafon geval het en dit goedgunstiglik beskikbaar gestel vir publikasie.
@middelburgobserver Besoekers aan die Middelburg Mall het hul boeglam geskrik toe ’n stuk van die plafon geval het na ’n waterpyp gebars het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
