KYK: Luide verwelkoming vir Middies se mnr. JJ Hennop en gesin
Welkom in die Middelburg familie!
Middies se nuwe hoof, mnr. JJ Hennop, is hier.
Die rooitapyt is Dinsdag tydens sy eerste skooldag by Hoërskool Middelburg vir hom, sy vrou en twee kinders uitgerol.
Hy het sy pos by Hoërskool Secunda verlaat, om die hoofpos by Johan ‘Stronkie’ Stronkhorst oor te neem.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg se nuwe hoof, JJ Hennop, verwelkom. MHS #Middies
Sy termyn as Middies se skoolhoof het amptelik op 1 April afgeskop.
Almal is dit eens dat mnr. Hennop ‘jong Stronkie vibes’ gee.
Tydens sy eerste formele toespraak as skoolhoof het hy vir die leerlinge gesê dat as verenigde span, hulle elke dag daarna moet streef om vandag op gister te verbeter.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg’s new principal takes centre stage.
• Daar is die week ’n indiepte onderhoud met Hennop, insluitende pragfoto’s van sy aankoms in die Middelburg Observer.
