News

Anglo Boere-oorlog herleef met toer

Wie het geweet dat die Witkerk se pastorie gestaan het waar Wimpy (oorkant die pad) nou is?

Aangrypende verhale wat in Middelburg gebeur het tydens die Anglo Boere-oorlog, is vertel tydens ’n spesiale toer deur die dorp.

Volgens Rudi van Wyk, voorsitter van die Middelburg Erfeniskomitee, is die toer gereël deur die Vriende van die Oorlogsmuseum en Middelburg Erfenis.

Rudi van Wyk, voorsitter, Middelburg Erfeniskomitee, het die verwelkoming hanteer.

Die verrigtinge het afgeskop by die gedenksaaltjie by HTS Middelburg, waar Rudi die toergangers verwelkom het. Theo Ligthelm, bestuurslid Middelburg Erfenis en lid van die Vriende van die Oorlogsmuseum, was die aanbieder van die toer.

Die toergangers by die gedenksaaltjie by HTS Middelburg.

Vanaf die gedenksaal is die groep na die Middelburg Stasie, waar hulle middagete geniet en deur die Stasiemuseum gestap het.

By die Middelburg Stasie is daar middagete geniet.

Tydens die besoek aan die Witkerk is nie net die geskiedenis van die kerk bespreek nie, maar ook die geboue om die kerk.
Interessante staaltjies is vertel oor die eerste landdroskantoor en die huidige landdroskantoor. Laasgenoemde is geleë waar die eerste markplein op die dorp was.

Agter die huidige landdroskantore was die eerste weeshuis wat gestig is deur ds. Alewyn en me. Janie Burger.
In die weeshuis was 45 weeskinders wat in die konsentrasiekamp agtergebly het. Van hulle is later geskuif na die Abram Kriel Kinderhuis in Langlaagte. Burgerspark-woonstelle staan nou waar die weeshuis was.

Die Burgermonument se geskiedenis is gedeel en is daar ook genoem dat Jack Hindon se huis die Blake Gastehuis was, waar Built It nou staan.
Die Witkerk se pastorie was geleë waar Wimpy (oorkant die pad) nou is.

Desjare is die Transvaalse Volkslied gesing as die Middelburgse kommandolede by die treintrokke afgesien is. Nadat Theo dié geskiedenisbrokkie gedeel het, het Thelma Steyn op die Witkerk se orrel die lied gespeel.
Sy het ook die komponis, Händel, se dodemars gespeel toe daar gepraat is oor die talle Middelburgers wat tydens die oorlog in Natal doodgeskiet is.

Thelma Steyn agter die klawers van die Witkerk orrel.

Die ou begraafplaas in Gholfsig is verder besoek, waar daar stilgestaan is by bekendes se grafte, soos dié van John Blake (Amerikaner wat Suid-Afrika toe gekom het).
Phillipus Rudolph Botha is ook daar begrawe. Hy het op 79-jarige ouderdom weens ontbering in die konsentrasiekamp gesterf.

Dr. Pierre Edwards (oud-skoolhoof van Affies) en Theo Ligthelm. Theo het die toer gelei en dr. Edwards het die bedankings aan die einde van die dag gedoen.

Ander grafte wat besoek is, is dié van ds. en me. Burger, Jack Hindon, Henry Slegtkamp en Thomas Begbie.

Des Smit staan vir ’n oomblik stil nadat sy blomme op een van die grafte geplaas het.
Die toergangers het ook kranse op die grafte geplaas.

 

• Buiten skyfievertonings wat gebruik is tydens die praatjies, was daar ook ’n uitstalling met foto’s van kapt. Jack Hindon, Henry Slegtkamp, die Burger leraarspaar en die konsentrasiekampterrein waar die gedenksaaltjie nou staan.
• ’n Foto van oudlanddros Jan Engelbrecht het deel van die uitstalling uitgemaak. Hy was een van die stigterslede van Middelburg Erfenis. ‘Oom Jan’, soos hy deur almal onthou word, is op 1 Maart vanjaar oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button