News

Dief steel strykysters, waaier, skoonmaakmiddels

Talle insidente elders in dorp ook aangemeld die afgelope 24-uur

Woensdag was ’n bittersoet ervaring vir ’n huisgesin in Gilfillanstraat, toe daar kort voor middagete verskeie items uit hul motorhuis gesteel is.

Gelukkig is die gesteelde goedere teruggevind, hoewel die boef weggekom het.

Dis te danke aan die gesin se op-en-wakker huishulp, wat die boef gewaar het, en die gesin se paniekknoppie in die huis geaktiveer het, wat omstreeks 12:30 deur Titon Sekuriteit se beheerkamer geregistreer is.

Twee Titon reaksie-offisiere, Johan Visser en Richard Bredenhan, het dadelik op die alarm gereageer.

Die boef kon nie in die strate opgemerk word minute na die diefstalle nie, en daar is besluit om by ’n ou gunsteling wegkruipplek van kriminele, die spoorlyn, te gaan kyk.

Die sak met die strykysters.

Daar het Titon se manne op die boef afgekom, wat dadelik laat spaander het.

’n Drasak met twee strykysters en skoonmaakmiddels is langs die spoorlyn gevind.

Daar is ook ’n waaier gekry.

Daar is later bevestig dat die artikels aan die Gilfillanstraat gesin behoort.

Die boef het ook gereedskapstukke gesteel, maar dit agtergelaat.

Titon het die gereedskap langs die huis gevind.

Daar is ook voetspore in die tuin gekry.

Die motorhuisdeur waar die boef in en uit is.

Volgens die voetspore was dit duidelik dat die boef vanuit die buurerf oor die muur gespring het.

Dis onduidelik of die buurerf moontlik eerste geteiken is.

Die slagoffers se motorhuis was oop tydens die diefstalle, maar gelukkig het die huishulp die boef gewaar toe hy vlug.

Die dief kon nie tydens ’n uitgebreide soektog gevind word nie.

Dit is maar net een van talle voorvalle deur die dorp wat die afgelope 24-uur aangemeld is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button