News
Mans én vrouerugby more by Kees Taljaard!
Middelburgers word uitgenooi na mans- en vrourugby uit die boonste rakke more by die Kees Taljaard Stadion.
Nie net speel Middelburg Rugbyklub more in hul eerste ligawedstryd vir die seisoen nie, maar is daar ook kookwater vrouerugby op die spyskaart!
Die klub pak Sasol in hul eerste Premier ligawedstryd vir die seisoen by die Kees Taljaard Stadion.
Die tweede span speel om 14:00 en die eerstes skop om 15:30 af.
Die Mpumalanga Senior Vroue Streekliga word vroeër die dag ook by die stadion gespeel.
Om 10:00 speel Nkangala teen die Universiteit van Mpumalanga en om 12:00 draf die spanne van Gert Sibande en Ehlanzeni op die veld.
Toegang is R50 bo, langs die veld met ‘n eie koelboks en R10 by die onderste hek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
