News
N12 is weer oop vir verkeer
Die N12, waar daar vanoggend ’n kettingbotsing was, is weer oop vir verkeer.
Daar is pas op die plaaslike WhatsApp-groepe laat weet dat die N12, waar daar ’n kettingbotsing was by eMalahleni, oop is vir verkeer.
’n Motoris het op een van die WhatsApp-groepe egter laat weet dat daar een baan oop is.

Verskeie voertuie en trokke was betrokke in die ongeluk.
Dit is op hierdie stadium onduidelik presies hoeveel mense beseer is.
Die ongeluk het vanoggend in digte mis gebeur.
Lees ook: Video: Motoriste gewaarsku oor ernstige ongeluk op N12
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
